Grethe Fox on her grandmother, Sannie Uys
|
12th August 2006 | Other items by André S Clements |
|
Sannie Uys Sannie Uys is gebore op die plaas KADIE aan die Breerivier, maar het grootgeword op die plaas Bontebokskloof aan die voet van die Langeberge in die distrik Swellendam. Sy het skoolgegaan aan die Hoer Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, waar sy ook musiek bestudeer het. In 1908 trou sy met die legendariese Springbok Japie Krige. Sy het slegs in haar vyftigerjare begin skryf. Die grootmaak van ses kinders en haar pligte as die vrou van ‘n magistraat kon haar skaars die vrye tyd gun om haar klavierspel voort te sit. Toe haar kinders groot was het sy sketse en kortverhale begin skryf. Haar eerste bundel verhale VROUE het in 1948 verskyn, haar tweede, PAPAWERS EN PIKKEWYNE IN 1953. Twee van haar seuns was die digter Uys Krige en die skilder Francois Krige. Haar gevoelige verhaal, THE TWO CHILDREN, wat in ‘n uigawe van “Charm” gepubliseer is, was Sannie Uys se eerste verhaal in Engels. DIE NAGTEGAAL SING wat in VROUE opgeneem is, het verskyn in’n bloemlesing, bevattende kortverhale uit Suid Afrika, Indie, Australie,en Wes-Berlyn en het ook verskyn in ‘n Tsjeggiese bloemlesing in Praag. Haar tweede verhaal in Engels: I AM A CHRISTIAN het aandag getrek toe dit in 1960 in Faber en Faber (in Londen) se SOUTH AFRICAN STORIES, saamgestel deur David Wright. I AM A CHRISTIAN het ook verskyn in ‘n Switserse bloemlesing van Die volgende is notas vir ‘n kortverhaal oor Sannie Uys se kinderdae op die plaas Kadie waar sy en haar suster Anna by hulle grootouers gebly het gedurende die Boere-oorlog. Ouma and Oupa Oupa sat in his white nightshirt and nightcap at the edge of the four poster bed, waiting for Katryn the maid to bring the zinc bath to sponge his feet, a lifelong habit he would not give up. Leaning up against the old man’s knees, mouth open, holding out his small hand for the lekkergoed that oupa never failed to give, was Katryn’s three year old. “Nooi, nooi,” Oupa called out to Ouma.” Kom hier. Ons klonkie wil lekkergoed he.” Oupa spat into his spittoon. The Town Guard were a bunch of papbroeke (cowards) and hanskakies.(Traitors) Katryn finished sponging and helping the old man into bed with a “nag oubaas”, picked up the child and left the room. Ouma hears the querulous “nooi, nooi” from the bedroom, but does not reply. She’ll go to bed when it suits her. resumes in Afr. Oupa sug mismoedig en murmer: “Leeuwyfie brul.” Iewers moet daar ‘n sagte plekkie in haar skuil, dink hy, want sy het tog medelye vir die swakhede van mense. Geboorte, siekte, die dood. Sy is altyd reg om te help. Kinders, bruin, wit en swart, het in haar huis grootgeword. Daar was altyd ‘n klonkie of ‘n meidjie. (geen PC taal destyds nie`!-G) Jong meide (!) het dikwels in die moeilikheid geraak en vra dan wat hulle nou te doen staan. “Jy moes eerder gedink het wat jy NIE moes gedoen nie.” Eenkeer moes Ouma in die hof verskyn as getuie in die saak waar Alida, een van haar knap bediendes daarvan beskuldig word, dat sy haar pasgebore baba vermoor het. Die baba is op die vloer van die waenhuis gevind. Ouma het geweet dat Alida waarskynlik skuldig was, maar wou verhoed dat “die meidjie” in die tronk beland.. Ouma is besig om groenbone te sny vir more se bredie. Oupa kan maar wag. Hulle kleindogters Anna en Sannie ontvang besoekers in die voorhuis, Engelse engineurs, besig met die aanbou van ‘n nuwe spoorweg. Ouma sal wag tot hulle loop. Sy het nie tyd vir die Engelse nie, maar as haar geliefdkoosde kleindogter, Anna, hulle geselskap geniet, sal sy dit verduur. Die jong meisies weet dat Engelse offisiere nie welkom is nie. Ouma vermy die militere,” die vyand”, en is bitter oor die kolonialers se samewerking met die Engelse. Sy was 17 jaar oud toe sy saam met haar vader en haar broers en susters Transvaal-toe getrek het, na haar ma se dood. Dit was ‘n ongenadige land met wilde diere snags om die hartebeeshuisie. Ouma voel nie gelukkig om veilig in die Kolonie te bly nie, terwyl haar broers en susters en hulle kinders, die verwoesting van die oorlog moet verduur. Na twee jaar van oorlog is haar familie geruineer. Hulle huise is afgebrand en hulle plase verlate. Hulle mans is almal op kommando en die vrouens en kinders in konsentrasiekampe. Die grys kop sak op haar bors en met ‘n gekletter val die mes in die enamelbak.’n Maand of twee gelede het sy die nuus gekry. Haar seun Michel is ‘n hensoppper. (Is this true, or something Sannie imagined? I’ll try and check.) Hy het hom oorgegee aan die Khakies en sit veilig in ‘n kamp waar Sy hoor hoe groet die jong mans, Denis, Howes en Stewart. Stewart waarsku die meisies: “Julle moet liewer nie in die veld gaan stap of perdry nie” se hy. ” Daar is gerugte dat hier boerekommandos in die distrik is. As hulle deur die dorp ry, sal daar moeilikheid wees.” “Ek wens ek kon in jou oupa se skoene staan” lag Denis en die jong mans groet ‘n laaste keer en verdwyn in die nag. Hulle was altwee vas aan die slaap toe Ouma dou-voor-dag die kamer Die twee meisies was skaars aangetrek toe hulle die geklop van perdepote op die werf hoor. Anna spring op die wye vensterbank. Deur die hortjies sien sy die boerekommando, ongeskeer, ongewas, in hulle verslete klere: verlepte velthoede, gewere oor hulle skouers, so uitgeput soos die perde waarop hulle ry. Die meisies hardloop om vir Ouma te vertel. “Ek bid hulle kom veilig hier weg. Wat soek hulle so ver suid?” Skielik word daar geklop aan die voordeur. Sannie haas haar om te gaan antwoord en is vinnig terug. “‘n Brief van die kommandant. Hy se daar was ‘n skietery in die Kannalie Dorp en een van die boere is ernstig gewond. Die hospitaal is te ver en hulle het niemand om hom te versorg nie. Hy vra of ouma nie iets kan doen nie?” “Se vir hom dit sal ‘n eer wees. Bring hom in. Ek wil geen militere dokter hier he nie. My eie dokter sal doen wat nodig is.” “Kom kinders, ons moet die voorste kamer vir hom voorberei. Julle twee sal in die agterste kamer moet intrek en beurte neem om by hom te waak.” Ouma is moeg en ongeduldig met haarself. Hoe lamlendig het die ouderdom haar nie gemaak nie. Sy wat ‘n bees op net die regte plek kon doodsteek, wat ‘n vark kon slag. Sy wat in een dag, ponde wors kon maak, al die vleis insout, biltong sny en ophang, raak nou pootuit van ‘n bietjie buk en buig. Sannie kom terug met ‘n bybeltjie wat sy in die binnesak van sy baadjie gekry het. Op die voorste blad staan die naam ‘John Vorster, Keerweder (woord moeilik om uit te maak), Graaff Reinet.’(Sannie Uys het sy van verander. Ek sal sy regte naam, Bellingen gebruik) “Hy’s ‘n rebel,” se Sannie. “Wat nou?” “Hulle sal hom teen die begrafplaasmuur doodskiet soos hulle met al die ander gemaak het,” se ouma. Langs die bed, waarop die gewonde roerloos uitgestrek le, sit Sannie ingedagte. Sy weet daar is min hoop, maar die dood is te vreeslik om aan te dink. Hy is nie veel ouer as sy nie. Hy mag nie sterf nie. Die lewe is te kosbaar. Sy sien ‘n beweging en buk oor die bed. “Se die 23st psalm,” fluister die man. Ouma staan in die deur en luister na die sagte stem, en volg die woorde met haar eie gedagtes: ” DE HEER IS MIJN HERDER” John Bellingen, Karooseun het miskien skape opgepas soos Dawid. In daardie dorre land sou stille waters moeilik te vinde wees, dink sy. ” HIY VERKWIKT MIJN ZIEL….EEN DAL DER SCHADUWEE DES DOODS…” Die jong man is reeds in die dal van die dood. Mag dit eerder hier kom, as agter die begrafplaas muur. (zij) ? (onleesbaar) RICHT (?) DE TAFEL TOE VOOR MIJN AANGEZICHT. (My cup runneth over..my beker loop oor. (Wat is dit in ou Afrikaans?) GOED EN WELDADIGHEID ZULLEN MIJ VOLGEN AL DE DAGEN VAN MIJ LEWE Vir hom sal daar geen goed en weldadigheid meer wees nie. Teen dagbreek gaan sy weer na die kamer. Haar gebed is beantwoord. “Dis verby. Gaan rus nou,” se sy vir Sannie. ” Se vir Elsie sy moet my kom help.” ‘n Doodskis word op die solder gebere ingeval dit skielik gebruik moet word. Die kis word soms “uitgeleen.” Dit het dikwels gebeur dat mense ‘n kis terugbring van swak hout en met goedkoop handvatsels. Dan raak Oupa hoogs ontsteld. “Die kis wat die mense teruggebring het, is te klein vir my. Ek sal inklim en gaan le, dan sal jy sien.” “Jy is laf.” antwoord Ouma. “Ons sal jou nooit weer daar uitkry nie. Elsie, bring ‘n maatband, dan meet ons.” Die volgende dag, bring Goliat die “spider” na die voordeur. Die twee ou mense sit op die agterste bank en die twee dogters regoor hulle. Oupa sit met sy hande gevou oor sy kierie, Ouma in haar kant mantel en hoed. Die dogters se gesiggies is bleek agter die sluiers. En so word John Bellingen van Graaff Reinet in die begrafplaas van die plaas KADIE naby Swellendam begrawe. Die storie eindig onvoltooid op bladsy 29. Dit word vir my al hoe duideliker, dat my ouma besig was om te skryf oor haar ouma, en ek oor myne. Ek was hopeloos te jonk en onverstandig om die formidabele Sannie Uys te waardeer. Miskien is dit nie te laat nie. Grethe Fox, 11 February 2000. |
|
You may also be interested in: Leave a comment: |

