Africa’s No 1 Arts Bookstore and Publisher

Johannesburg 011 447-0627 / 011 880-5648 • Cape Town 021 685-0676 • New York 212 255-3094

Grethe Fox on her grandmother, Sannie Uys

12th August 2006 | Other items by André S Clements

Sannie Uys

Sannie Uys is gebore op die plaas KADIE aan die Breerivier, maar het grootgeword op die plaas Bontebokskloof aan die voet van die Langeberge in die distrik Swellendam. Sy het skoolgegaan aan die Hoer Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, waar sy ook musiek bestudeer het.

In 1908 trou sy met die legendariese Springbok Japie Krige. Sy het slegs in haar vyftigerjare begin skryf. Die grootmaak van ses kinders en haar pligte as die vrou van ‘n magistraat kon haar skaars die vrye tyd gun om haar klavierspel voort te sit. Toe haar kinders groot was het sy sketse en kortverhale begin skryf.

Haar eerste bundel verhale VROUE het in 1948 verskyn, haar tweede, PAPAWERS EN PIKKEWYNE IN 1953. Twee van haar seuns was die digter Uys Krige en die skilder Francois Krige.

Haar gevoelige verhaal, THE TWO CHILDREN, wat in ‘n uigawe van “Charm” gepubliseer is, was Sannie Uys se eerste verhaal in Engels. DIE NAGTEGAAL SING wat in VROUE opgeneem is, het verskyn in’n bloemlesing, bevattende kortverhale uit Suid Afrika, Indie, Australie,en Wes-Berlyn en het ook verskyn in ‘n Tsjeggiese bloemlesing in Praag.

Haar tweede verhaal in Engels: I AM A CHRISTIAN het aandag getrek toe dit in 1960 in Faber en Faber (in Londen) se SOUTH AFRICAN STORIES, saamgestel deur David Wright.

I AM A CHRISTIAN het ook verskyn in ‘n Switserse bloemlesing van
Suid-Afrikaanse kortverhale, uit die Engels in Duits vertaal deur die bekende vertaalster, Elizabeth Schnack

Die volgende is notas vir ‘n kortverhaal oor Sannie Uys se kinderdae op die plaas Kadie waar sy en haar suster Anna by hulle grootouers gebly het gedurende die Boere-oorlog.
My broer Revie het dit gebruik as basis vir ‘n filmteks KADIE waaraan ons later saam gewerk het. Ons het die karakters geskep, gebaseer op Sannie Uys self en van die vroue wat sy beskryf het in haar kortverhale en die karakters in haar ongepubliseerde kort roman of ‘novella’, THE MELKBOS. Ons het ook ongepubliseerde herinnering en brokkies gebruik wat ons tussen haar papiere opgespoor het.
Die storie handel oor ‘n insident gedurende die Boere-oorlog wat my oom Uys Krige die titel “Ouma en Oupa” gegee het. ( Ek het sy handskrif bo-aan herken, maar verder het hy geen opmerkings geskryf nie.)
My ouma het soms in Engels, soms in Afrikaans geskryf, maar Uys het haar oortuig om net in Afrikaans te skryf. Hy het geglo dat haar Afrikaans mooier en eenvoudiger was en beter gepas het by haar onderwerpe. Party gedeeltes is in Afrikaans, ander in Engels.

Ouma and Oupa

Oupa sat in his white nightshirt and nightcap at the edge of the four poster bed, waiting for Katryn the maid to bring the zinc bath to sponge his feet, a lifelong habit he would not give up. Leaning up against the old man’s knees, mouth open, holding out his small hand for the lekkergoed that oupa never failed to give, was Katryn’s three year old. “Nooi, nooi,” Oupa called out to Ouma.” Kom hier. Ons klonkie wil lekkergoed he.”
Klonkie was surely the last “hotnotjie’ that Ouma would rear. (No P.C. language then!-G.)) Oupa had lost count of the children that Ouma had raised apart from her own brood of five.
Though it was wartime things were not too hard in the Colony. The English had their quarters in the Town Hall and in the Dutch Reformed church. There were rumours that boer rebels were approaching the town. Who would stop them? The Town Guard?

Oupa spat into his spittoon. The Town Guard were a bunch of papbroeke (cowards) and hanskakies.(Traitors) Katryn finished sponging and helping the old man into bed with a “nag oubaas”, picked up the child and left the room. Ouma hears the querulous “nooi, nooi” from the bedroom, but does not reply. She’ll go to bed when it suits her.

resumes in Afr.

Oupa sug mismoedig en murmer: “Leeuwyfie brul.” Iewers moet daar ‘n sagte plekkie in haar skuil, dink hy, want sy het tog medelye vir die swakhede van mense. Geboorte, siekte, die dood. Sy is altyd reg om te help. Kinders, bruin, wit en swart, het in haar huis grootgeword.

Daar was altyd ‘n klonkie of ‘n meidjie. (geen PC taal destyds nie`!-G) Jong meide (!) het dikwels in die moeilikheid geraak en vra dan wat hulle nou te doen staan. “Jy moes eerder gedink het wat jy NIE moes gedoen nie.”
antwoord Ouma. En so het Elsie of Bettie of Klaartjie, gebly en die baba is in die agterplaas gebore, versorg, geklee en ordentlik grootgemaak.

Eenkeer moes Ouma in die hof verskyn as getuie in die saak waar Alida, een van haar knap bediendes daarvan beskuldig word, dat sy haar pasgebore baba vermoor het. Die baba is op die vloer van die waenhuis gevind. Ouma het geweet dat Alida waarskynlik skuldig was, maar wou verhoed dat “die meidjie” in die tronk beland..
” Mevrouw Lourens”, vra die jong advokaat. ” Kan u getuig van iets wat u nie gesien het nie?” “Sekerlik”, antwoord sy. “Dit kan ek doen. U ook. Iets wat u nie kan sien nie, en nooit sal sien nie, is ‘n sekere deel van u ligaam wat ‘n uiters noodsaaklike taak verrig, maar u kan ongetwyfeld sweer dat dit bestaan.
Oupa wens die “ou doringtak” wil bed toe kom. Hy dink aan die moeilike jare toe hulle Transvaal-toe getrek het. Wat ‘n wilde land was dit nie. Hy het verlang na die Kolonie, na sy familie, na die bruin volkies (!) na die gemak van die beskaafde lewe….. “Nooi, nooi, kom dan nou bed toe.”

Ouma is besig om groenbone te sny vir more se bredie. Oupa kan maar wag. Hulle kleindogters Anna en Sannie ontvang besoekers in die voorhuis, Engelse engineurs, besig met die aanbou van ‘n nuwe spoorweg. Ouma sal wag tot hulle loop. Sy het nie tyd vir die Engelse nie, maar as haar geliefdkoosde kleindogter, Anna, hulle geselskap geniet, sal sy dit verduur. Die jong meisies weet dat Engelse offisiere nie welkom is nie. Ouma vermy die militere,” die vyand”, en is bitter oor die kolonialers se samewerking met die Engelse. Sy was 17 jaar oud toe sy saam met haar vader en haar broers en susters Transvaal-toe getrek het, na haar ma se dood. Dit was ‘n ongenadige land met wilde diere snags om die hartebeeshuisie.
Sy het geweet dat sy weer eendag sal moet terug kolonie-toe. Haar
kleindogters word groot en sy wil naby hulle wees. Anna en Sannie het die fyne kunste geleer en bly op die plaas Bontebokskloof naby Swellendam.

Ouma voel nie gelukkig om veilig in die Kolonie te bly nie, terwyl haar broers en susters en hulle kinders, die verwoesting van die oorlog moet verduur. Na twee jaar van oorlog is haar familie geruineer. Hulle huise is afgebrand en hulle plase verlate. Hulle mans is almal op kommando en die vrouens en kinders in konsentrasiekampe. Die grys kop sak op haar bors en met ‘n gekletter val die mes in die enamelbak.’n Maand of twee gelede het sy die nuus gekry. Haar seun Michel is ‘n hensoppper. (Is this true, or something Sannie imagined? I’ll try and check.) Hy het hom oorgegee aan die Khakies en sit veilig in ‘n kamp waar
hy vrouens en kinders oppas. Liewer die dood as so ‘n skande.

Sy hoor hoe groet die jong mans, Denis, Howes en Stewart. Stewart waarsku die meisies: “Julle moet liewer nie in die veld gaan stap of perdry nie” se hy. ” Daar is gerugte dat hier boerekommandos in die distrik is. As hulle deur die dorp ry, sal daar moeilikheid wees.”
“Ek wens hulle wil kom,” se Anna. “Ek sal enigiets gee om ‘n boerekommando te sien.” “Daar sal nie veel wees om te sien nie,” se Denis droogweg. “Hulle word heen en weer gejaag en ry dae lank sonder kos of klere of ammunisie.”
Hy kyk op sy horlosie. “Ons moet spat. Die meisies moet in die bed wees voor lights out. Ek is nie lus om in ‘n donker hotelkamer rond te strompel nie.”
“Ons gee nie om nie,” se Sannie. “Die swaar hout blindings is dig genoeg. Oupa kan selfs sy kers brand en sy eetgoed in die bed geniet.”

“Ek wens ek kon in jou oupa se skoene staan” lag Denis en die jong mans groet ‘n laaste keer en verdwyn in die nag.
Die meisies groet en gaan slaapkamer toe. Die vensters van hulle
slaapvertrek kyk op die stoep uit. Sannie sit versigtig ‘n kers agter ‘n stoel in die hoek van die vertrek, en rig ‘n skerm op met twee stoele waaroor sy ‘n kombers gooi.
“Sannie,” se Anna. “As die boere hier verbykom, wat kan ons vir hulle doen?
“Uithardloop met ‘n pak biltong en ‘n trommel beskuit,” antwoord haar suster. Sannie kyk hoe borsel en vleg haar jonger sussie haar lang blonde hare en wonder of Denis Howes ooit iets sal regkkry met Anna. Ouma sal sekerlik sorg dat sy met iemand trou soos Dirkie Beukes, ‘n welgestelde boer in die Langkloof. “Vang die skaap in jou eie kraal, dan weet jy waar die brandsiek le.”
Sannie het saam met haar ouer broers en susters grootgeword het en die lewe was swaar, maar nou word Anna die “baba” so bederf, veral deur Ouma.
Anna skud haar vlegsels oor haar skouer. “Ek is al moeg van rondsit en handwerk doen en besoek afle. Ek wens ek kan weggaan en my eie lewe verdien.”
” Mammie en Pappie kan my spaar om te gaan onderwys gee, maar ouma sal jou nooit toelaat om te werk nie,” se Sannie.
“Ek weet,” se Anna. “Toe ek vir haar se ek wil verpleegster word, was sy geskok. Sy dink seker dat ek ‘n kaffir (!) sal moet was. Dit is tog nie die ergste wat my kan oorkom nie… Ek wens die boere wil die dorp inneem-”Blaas die kers dood. Jy is die ‘lady’ hier rond, maar ek moet vroeg opstaan. Ek moet die deeg vir Ouma se mosbolletjies knie,” se Sannie.

Hulle was altwee vas aan die slaap toe Ouma dou-voor-dag die kamer
binnesnel. “Opstaan, kinders, opstaan,” roep sy. “Outa April se die Boere is hier naby. Daar was ‘n skermutseling in die Kannalie Dorp en skote het geval. Julle bly net hier. Hou die deure en vensters toe.”

Die twee meisies was skaars aangetrek toe hulle die geklop van perdepote op die werf hoor. Anna spring op die wye vensterbank. Deur die hortjies sien sy die boerekommando, ongeskeer, ongewas, in hulle verslete klere: verlepte velthoede, gewere oor hulle skouers, so uitgeput soos die perde waarop hulle ry.
Een jong man kyk Anna reg in die oe waar sy in die skrefie van die oop ruit staan en spoor sy perd aan, oor die watersloot, teen die stoep aan.”Niggie, se ons in hemelsnaam waar die khakies is. Ons soek nie moeilikheid nie, ons wil net hier wegkom.”
“Vermy die brug,” se Anna “Daar is ‘n blokhuis (fort) naby die rivier. Hoer op sal julle by ‘n drif uitkom. Dis maklik om daar deur te kom.” Toe Sannie nog ‘n woord wil inkry, is die jong man weg.

Die meisies hardloop om vir Ouma te vertel. “Ek bid hulle kom veilig hier weg. Wat soek hulle so ver suid?” Skielik word daar geklop aan die voordeur. Sannie haas haar om te gaan antwoord en is vinnig terug. “‘n Brief van die kommandant. Hy se daar was ‘n skietery in die Kannalie Dorp en een van die boere is ernstig gewond. Die hospitaal is te ver en hulle het niemand om hom te versorg nie. Hy vra of ouma nie iets kan doen nie?”

“Se vir hom dit sal ‘n eer wees. Bring hom in. Ek wil geen militere dokter hier he nie. My eie dokter sal doen wat nodig is.”

“Kom kinders, ons moet die voorste kamer vir hom voorberei. Julle twee sal in die agterste kamer moet intrek en beurte neem om by hom te waak.”
Sy stuur die kinders uit en is alleen toe die soldate die huis binnekom met die bewustelose man op ‘n baar. Met die hulp van een van die tommies, trek sy die vuil bebloede klere uit, en trek een van oupa se nagjurke oor sy kop.
In stilte werk die twee, die Engelse soldaat en die ou boervrou. Die soldaat wil graag met die ou vrou gesels. Sy lyk ‘n bietjie soos sy Skotse ouma, maar hy kan haar taal nie praat nie, en sy verstaan geen enkele woord wat hy se nie. Toe hulle klaar is, wys sy vir hom hulle moet in die voorkamer gaan koffie drink voor hy loop, maar hy groet en vertrek na waar die ander vir hom buite wag.

Ouma is moeg en ongeduldig met haarself. Hoe lamlendig het die ouderdom haar nie gemaak nie. Sy wat ‘n bees op net die regte plek kon doodsteek, wat ‘n vark kon slag. Sy wat in een dag, ponde wors kon maak, al die vleis insout, biltong sny en ophang, raak nou pootuit van ‘n bietjie buk en buig.
Sy kyk na die gewonde rebel wat bewusteloos voor haar le. Hy sal dit nie maak nie. Hulle sal moet uitvind waar hy vandaan kom.
Skielik onthou sy, dat sy klere in die mandjie in die naaikamer (?) le. Miskien is daar iets in sy baadjie se sakke. Sy stuur vir Sannie om te gaan kyk. “Ons moet om die beurt by hom waak. As hy bykom kan hy dalk vir ons se wie hy is.”

Sannie kom terug met ‘n bybeltjie wat sy in die binnesak van sy baadjie gekry het. Op die voorste blad staan die naam ‘John Vorster, Keerweder (woord moeilik om uit te maak), Graaff Reinet.’(Sannie Uys het sy van verander. Ek sal sy regte naam, Bellingen gebruik) “Hy’s ‘n rebel,” se Sannie. “Wat nou?” “Hulle sal hom teen die begrafplaasmuur doodskiet soos hulle met al die ander gemaak het,” se ouma.
“Bly doodstil hieroor. As hulle in die dorp hoor hier is ‘n rebel, sal dit soos ‘n veldbrand trek,” Sannie vererg haar. Ouma praat asof sy ‘n kind is. Sy sal mos nie oor so-iets daarbuite praat nie.

Langs die bed, waarop die gewonde roerloos uitgestrek le, sit Sannie ingedagte. Sy weet daar is min hoop, maar die dood is te vreeslik om aan te dink. Hy is nie veel ouer as sy nie. Hy mag nie sterf nie. Die lewe is te kosbaar.
Om te eet as jy honger het, te slaap as jy vaak is, om die deining van die see, die sonsopgang en ondergang te sien, ‘n mis in die vallei, en wolke oor die berg; om aandblomme in die kloof te pluk en koring-blommejies in die wind te sien waai- dit is die lewe.

Sy sien ‘n beweging en buk oor die bed. “Se die 23st psalm,” fluister die man. Ouma staan in die deur en luister na die sagte stem, en volg die woorde met haar eie gedagtes:

” DE HEER IS MIJN HERDER”

John Bellingen, Karooseun het miskien skape opgepas soos Dawid. In daardie dorre land sou stille waters moeilik te vinde wees, dink sy.

” HIY VERKWIKT MIJN ZIEL….EEN DAL DER SCHADUWEE DES DOODS…”

Die jong man is reeds in die dal van die dood. Mag dit eerder hier kom, as agter die begrafplaas muur.

(zij) ? (onleesbaar) RICHT (?) DE TAFEL TOE VOOR MIJN AANGEZICHT. (My cup runneth over..my beker loop oor. (Wat is dit in ou Afrikaans?)

GOED EN WELDADIGHEID ZULLEN MIJ VOLGEN AL DE DAGEN VAN MIJ LEWE

Vir hom sal daar geen goed en weldadigheid meer wees nie.

Teen dagbreek gaan sy weer na die kamer. Haar gebed is beantwoord. “Dis verby. Gaan rus nou,” se sy vir Sannie. ” Se vir Elsie sy moet my kom help.”
Om ‘n liggaam uit te le is ‘n vrou se werk. Om dit in die grond te le, is ‘n man se plig. Toe hulle klaar is, draai sy na Elsie: “Kry vir Goliat om jou te help. Julle moet die droe vrugte, rosyne en ander kos uitpak, en die oubaas se kis van die solder afbring. (The coffin appears to have been used to store provisions. G.)

‘n Doodskis word op die solder gebere ingeval dit skielik gebruik moet word. Die kis word soms “uitgeleen.” Dit het dikwels gebeur dat mense ‘n kis terugbring van swak hout en met goedkoop handvatsels. Dan raak Oupa hoogs ontsteld. “Die kis wat die mense teruggebring het, is te klein vir my. Ek sal inklim en gaan le, dan sal jy sien.” “Jy is laf.” antwoord Ouma. “Ons sal jou nooit weer daar uitkry nie. Elsie, bring ‘n maatband, dan meet ons.”
Ouma is tevrede dat hulle darem ‘n kis in die huis het. Die rebel sal in Oupa se kis begrawe word.

Die volgende dag, bring Goliat die “spider” na die voordeur. Die twee ou mense sit op die agterste bank en die twee dogters regoor hulle. Oupa sit met sy hande gevou oor sy kierie, Ouma in haar kant mantel en hoed. Die dogters se gesiggies is bleek agter die sluiers. En so word John Bellingen van Graaff Reinet in die begrafplaas van die plaas KADIE naby Swellendam begrawe.

Die storie eindig onvoltooid op bladsy 29.
( Ilse Van Hemert se moeder, Marena, ook ‘n nooi Uys , werk tans by die Drostdy in Swellendam aan Boere-oorlog stories van die distrik. Sy is al ‘n kenner oor alles omtrent die familie Uys in daardie tydperk.
Haar nommer by die Drostdy is 028514-1138;by die huis 28514-3079)

Dit word vir my al hoe duideliker, dat my ouma besig was om te skryf oor haar ouma, en ek oor myne. Ek was hopeloos te jonk en onverstandig om die formidabele Sannie Uys te waardeer. Miskien is dit nie te laat nie.

Grethe Fox, 11 February 2000.

You may also be interested in:

Leave a comment:

 
Subscribe to our email list: Subscribe Unsubscribe
Please come back at any time to modify your profile.
Our other websites: David Krut Projects - Taxi Art Books - Body Maps

This site implemented and maintained by André SC email: webmaster@davidkrutpublishing.com

Afrigator